Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Abe ‘ontken nie’ hy het Trump vir Nobelprys benoem

Sjinzo Abe, premier van Japan, wou nie Maandag in die parlement bevestig dat hy pres. Donald Trump van die VSA benoem het vir die Nobelprys vir Vrede nie – hoewel hy dit duidelik gemaak het dat hy dit ook nie ontken nie.

Trump se bewering einde verlede week dat Abe hom benoem het, het kritiek in Japan ontlok, berig The Guardian.

Shinzo Abe, eerste minister van Japan.Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi

In antwoord op vrae in die Japanse parlement het Abe gesê: “In die gees van die Nobelkomitee se beleid om nie die name bekend te maak van die benoemdes of wie hulle benoem het nie, kan ek nie die vraag beantwoord nie.”

Joeitsjiro Tamaki, lid van die opposisie in Japan, het Maandag getwiet in die lig van die gebrek aan vordering met verskeie kwessies wat met Noord-Korea verband hou, is hy bang die benoeming sal “die verkeerde sein aan Noord-Korea en die res van die internasionale gemeenskap stuur”.

Trump se voorganger, Barack Obama, het die Nobelprys vir Vrede in sy eerste jaar as president ontvang vanweë sy onderneming dat Amerika “vrede en veiligheid sal najaag in ’n wêreld sonder kernwapens”.

Trump het Vrydag gesê Obama “was skaars 15 sekondes” president toe hy die prys gekry het.

Abe is glo deur Amerika gevra om Trump te benoem vir sy pogings om vrede tussen Noord- en Suid-Korea te bewerkstellig. Trump se historiese ontmoeting in Junie 2018 in Singapoer met Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, het met groot gebare maar min substansie gepaardgegaan, berig The Guardian.

Pres. Donald Trump van Amerika. Foto: Getty Images

Trump het Vrydag oor die benoeming gepraat in sy toespraak waarin hy ’n nasionale noodtoestand in Amerika aangekondig het, berig Vox.

“Premier Abe van Japan het vir my die mooiste afskrif van ’n brief gegee wat hy gestuur het aan die mense wat ’n ding toeken wat hulle die Nobelprys noem.

“Weet julle hoekom? Omdat daar missiele en vuurpyle oor Japan gevlieg het. Hulle voel nou veilig. Ek het dit gedoen.

“Ek gaan dit waarskynlik nooit kry nie, maar dis oukei. Hulle het dit vir Obama gegee – hy het nie eens geweet waarvoor hy dit gekry het nie.”

Abe het in die parlement gesê hy het “groot waardering” vir Trump se pogings om Noord-Korea se vervaardiging van kernmissiele te probeer stuit, berig CNN.

“Ek sal voortgaan om alle samewerking moontlik aan pres. Trump te gee.”

’n Tweede ontmoeting tussen Trump en Kim word beplan vir 27 en 28 Februarie in Hanoi, Viëtnam.

’n Woordvoerder van pres. Moon Jae-in van Suid-Korea het gesê Moon glo Trump sal ’n waardige ontvanger van die prys wees danksy sy pogings om vrede tussen Noord- en Suid-Korea te bewerkstellig.

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Japan  |  Benoeming  |  Wêreld  |  Nobelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.