Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
AfriForum kla by VN oor inperking

AfriForum het ’n klag by die Verenigde Nasies (VN) se spesiale rapporteur vir minderheidskwessies ingedien oor die Suid-Afrikaanse regering se Covid-19-inperkinsmaatreëls.

Die organisasie het ’n beroep op dr. Fernand de Varennes gedoen om ondersoek in te stel na die manier waarop die regering die pandemie “misbruik om ’n diskriminerende rasse-ideologie aan die samelewing op te dwing”.

Ernst Roets. Foto: Argief

AfriForum sê in ’n verklaring die klag wys op verskeie uitsprake wat deur die regering, die ANC en sy alliansievennote in dié verband gemaak is, sowel as die feit dat die regering ras as maatstaf gebruik om verligting te bied aan sakeondernemings wat swaarkry weens die inperking.

“Pres. Cyril Ramaphosa het onder meer gesê dat die regering se reaksie op die pandemie hoofsaaklik die belange van swart mense moet bevorder, en dat wit mense se ‘sense of entitlement’ geblameer moet word vir ongelykheid in Suid-Afrika.

“Ook dat ’n ‘fundamentally different society’ in Suid-Afrika gebou moet word. Om dit te laat gebeur, het Ramaphosa gesê, moet bestaande instellings eers vernietig word.

“Die feit dat ’n regering ’n wêreldwye pandemie as rookskerm gebruik om ’n ideologie van rassisme en ’n agenda van rassediskriminasie te bevorder, is gewoon immoreel en kan op geen manier geregverdig word nie,”

sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

Die presidensie het nog nie gereageer op ’n versoek om kommentaar nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Vn  |  Ernst Roets  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.