Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Akteur spreek Pence van verhoog aan ná vertoning
Brandon Victor Dixon, wat in die toneelstuk die rol vertolk van Aaron Burr, Amerika se derde visepresident, praat van die verhoog af met Mike Pence. Foto: AP
Betogers word deur polisiemanne buite die teater weggehou terwyl Mike Pence die teater verlaat. Foto: AP
Mike Pence (in die middel van die foto) verlaat die teater ná die vertoning. Foto: AAP

Donald Trump, aangewese Amerikaanse president, het op Twitter uitgevaar oor die toespraak wat een van die akteurs van ’n Broadway-stuk, Hamilton, Vrydagaand ná die vertoning gelewer het.

Mike Pence, Trump se aangewese visepresident, het die vertoning bygewoon en het by sy aankoms in die teater ’n gemengde reaksie gekry: handeklap en ’n geboe.

Ná die toneelstuk, toe die hele teatergeselskap op die verhoog verskyn het, het Brandon Victor Dixon, een van die geselskap, Pence regstreeks toegespreek.

“Aangewese visepresident Pence, ons verwelkom jou en is opreg dankbaar dat jy na Hamilton: An American Musical kom kyk het. Ons waardeer dit opreg. Ons, meneer, ons is die diverse Amerika wat bekommerd en angstig is dat jou nuwe administrasie nie net ons nie sal beskerm nie, maar ook nie die planeet, ons kinders, ons ouers en ons onvervreembare regte sal verdedig nie. Ons hoop opreg ons vertoning het jou geïnspireer om ons Amerikaanse waardestelsel te handhaaf en vir ons onthalwe daarvoor te werk. Vir almal van ons. Dankie”.

Dixon het die gehoor versoek om Pence nie te boe nie, en gesê die stuk is opgevoer deur ’n “diverse groep mans en vroue van verskillende kleure, herkomste en oriëntasies.”

Die gehoor het Dixon luid toegejuig.

Volgens Trump is Pence “geteister” toe hy na die vertoning gaan kyk het.

“Ons wonderlike aangewese visepresidennt Mike Pence is deur Hamilton se akteurs geteister, en dit voor kameras. Dit moenie gebeur nie,” het Trump getwiet.

Dixon het op die twiet geantwoord met:

Dixon het gou geantwoord: “@realDonaldTrump conversation is not harassment sir. And I appreciate @mike_pence for stopping to listen.”

Meer oor:  Donald Trump  |  Mike Pence  |  Broadway
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.