Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Alligator gryp vrou wat hond probeer beskerm

’n Vrou van die deelstaat Suid-Carolina in Amerika wat haar hond wou beskerm teen ’n alligator is self deur die dier gegryp en die water ingesleep.

Cassandra Cline (45) is uit die dam op ’n gholfbaan gered, maar is daarna op die toneel dood.

Die 2,5 m lange alligator wou glo die hond gryp toe Cline Maandag omstreeks 09:30 by die Hilton Head Island-oord waar sy woon, gaan stap het.

Die toneel waar ’n vrou Maandag deur ’n krokodil aangeval is.Foto: Twitter

Sy het glo elke dag met haar hond by die dam verby gestap.

Die Daily Mail berig dat getuies 911 gebel het toe hulle sien die alligator gryp die vrou.

Die alligator is later gevind en van kant gemaak.

The Washington Post berig dat ’n man wat naby Cline bly, gesê het dat sy daagliks dieselfde roete volg as sy met haar hond gaan stap.

Thomas DiMaio woon ’n paar huise van Cline af.

Intussen berig The Guardian dat ’n ander inwoner gesê het dit is die eerste keer sedert hy vyf jaar gelede daar ingetrek het dat so iets gebeur.

Blake Smith (34) het gesê dat daar wel gevalle was waar daar krokodille in mense se agterplase of swembaddens gevind is, maar dat die owerhede hulle vinnig verwyder het.

Meer oor:  Alligator  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.