Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amazon-baas kan vrou skatryk maak

Die Amazon-stigter en rykste man ter wêreld, Jeff Bezos (54), kan sy vrou, MacKenzie (48), een van die rykste vroue op aarde maak.

Lauren Sanchez, die skelmpie.

Dié egpaar het Woensdag hul egskeiding op Twitter aangekondig nadat dit aan die lig gekom het dat Jeff ’n skelmpie het. Hy het Sondag by die Golden Globes opgedaag met die Hollywood-aktrise Lauren Sanchez aan sy sy. Sy is getroud met die fliekmagnaat Patrick Whitesell.

Die skinderblad National Enquirer het nóg ’n spyker in Bezos se kis geslaan toe hulle Donderdag ’n sensasionele onthulling met foto’s van Jeff en Sanchez gepubliseer het.

Die publikasie het boodskappe tussen die paartjie gepubliseer. Daarin sê hy in April 2018: “Ek is lief vir jou, meisie. Ek sal jou wys met my lyf, my lippe en my oë, baie binnekort.” ’n Maand later skryf hy: “Ek wil jou ruik, ek wil jou inasem. Ek wil jou styf vashou . . . Ek wil jou op die lippe soen. Ek is lief vir jou. Ek is verlief op jou.”

Lauren Sancez, die skelmpie.

Die Enquirer spog dat hulle oor vier maande en 40 000 myl die skelmpies agtervolg het om die materiaal te bekom. Die meeste van die foto’s wat Jeff vir haar gestuur het, is van sy kaal bolyf, maar daar is ook ’n eksplisiete onder-die-belt-nommer.

Nou is daar sprake dat MacKenzie die helfte van Jeff se rykdom kan bekom.

Sy persoonlik rykdom is volgens Bloomberg se Billionaires Index sowat R1 895 miljard, sowat R622 miljard meer as Bill Gates, voorheen bekend as die rykste mens ter wêreld.

MacKenzie en Jeff het nie ’n huweliksvoorwaardekontrak gehad nie en indien sy die helfte van sy rykdom in die egskeiding kry, maak dit haar onmiddellik een van die rykstes ter wêreld.

Jeff, gebore as Jeffrey Preston Jorgensen, het in 1993 met MacKenzie getrou, voordat hy ryk was. Hulle het mekaar ontmoet toe sy vir ’n werksonderhoud by hom was. Drie maande later is hulle getroud.

Hy het Amazon in 1994 geskep tydens ’n rit van New York na Seattle. MacKenzie het die motor bestuur terwyl hy sy planne aanmekaar gesit het.

Nou spot finansiële kenners dat MacKenzie dalk wéér “die stuurwiel kan gryp”, maar dié keer kan dit haar man se asem wegslaan.

Die egskeidingsaankondiging was vriendskaplik: “Ons het ’n wonderlike lewe saam gehad as getroude paartjie en sien uit na ’n wonderlike toekoms as vriende.”Bronne: CNN, Fin24, BBC, National Enquirer

Meer oor:  Jeff Bezos  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.