Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
American Airlines hok Max 8’s nog tot in Augustus

American Airlines (AAL) het aangekondig dat hul vloot van Boeing 737 Max 8-vliegtuie nog tot middel Augustus op die grond sal bly.

AAL – die grootste lugdiens ter wêreld – het vlugte met dié vliegtuie begin opskort sodat hulle beter kan beplan vir die besige vliegtyd in die somer. Die somertydperk in Amerika is van 21 Junie tot 23 September.

Southwest Airlines het ook reeds die 737 Max 8’s se vlugte tot Augustus opgeskort, berig CNN.

Doug Parker, AAL se voorsitter, het Sondag aan personeellede gesê hulle is vol vertroue dat die Max 8’s teen daardie tyd weer ten volle gesertifiseer sal wees om te vlieg.

“Ons wil meer betroubaar beplan vir die spitstyd wat daarna kom.”

Gemiddeld 115 vlugte per dag sal gekanselleer word tot 19 Augustus. Dit is sowat 1,5% van AAL se totale daaglikse vlugte, berig News5.

Dennis Muilenburg, Boeing se hoofbestuurder, het verlede week gesê hulle is baie naby aan ’n oplossing vir die probleem met die programmatuur. Die meeste van hul 50 kliënte wat 737 Max 8’s bestel het, het reeds die kans gehad om dit in ’n vlugnabootser te toets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.