Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amerika eis veiligheid van joernaliste in Israel

Terwyl dit nie lyk of daar 'n einde kom aan die geweld in die Gasagebied en Israel nie, het Amerika by Israel aangedring om die veiligheid van joernaliste te verseker, sê Jen Psaki, woordvoerder van die Withuis.

Amerika het amptelik kontak gemaak met Israel nadat ’n toringgebou Saterdag vernietig is in Gasa. Verskeie mediahuise soos Amerika se Associated Press en Qatar se Al-Jazeera, het kantore in dié gebou gehad, sê Psaki.

Die toringgebou wat vernietig is, kon ontruim word omdat Israel voor dit tyd oor die aanval gewaarsku het.

Volgens Israel was daar militêre bates van Hamas, die Islamitiese groep wat Gasa beheer, in die gebou.

Teen Saterdag was daar steeds geen einde in sig aan die geweld wat reeds ’n week lank in Gasa woed nie.

Israel peper steeds die noordelike Gasastrook met lugaanvalle en tenkvuur.

Tel Aviv en talle ander stede het ook onder die aanvalle deurgeloop.

Die sterftesyfer is die hoogste wat dit nog was sedert 2015 en diplomate kon tot dusver nie daarin slaag om die geweld hok te slaan nie.

Die Palestyne sê minstens 139 mense, insluitend 39 kinders, is sedert die geweld Maandag begin het, dood in die Gasa-gebied.

Hady Amr, ’n hoë amptenaar in die Amerikaanse departement van buitelandse sake en belas met Israel en Palestina, was Vrydag in Israel voor Sondag se vergadering van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies.

Die Amerikaanse ambassade sê in ’n verklaring sy afgevaardigdes gaan die noodsaaklikheid van samewerking benadruk om kalmte te bewerkstellig.

Meer oor:  Jen Psaki  |  Gasa-Konflik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.