Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amerika gee 1ste tree uit Parys-ooreenkoms

Amerika het die eerste formele stap in ’n jaar lange proses gedoen om dié land van die Parys-klimaatooreenkoms te onttrek.

Die Trump-administrasie hou op dié manier woord om beperkinge op Amerikaanse nywerhede te verminder, maar word terselfdertyd die enigste land wat nie sy samewerking met dié ooreenkoms wil gee nie.

Die Amerikaanse minister van binnelandse sake, Mike Pompeo, het die onttrekking van die ooreenkoms Maandag in ’n twiet bevestig.

Die Parys-klimaatooreenkoms is in 2015 bereik terwyl oudpres. Barack Obama nog die Amerikaanse president was. Die Verenigde Nasies (VN) se reëls bepaal dat Amerika nie voor 4 November aan die verdrag kon onttrek nie. Die jaar lange proses sal een dag ná die volgende Amerikaanse presidensiële verkiesing in 2020 eers afgehandel kan word.

In die twiet skryf Pompeo Amerika is trots op hul rekord as ’n wêreldleier om hul koolstofvoetspoor te verminder, veerkragtigheid te vestig, hul ekonomie te laat groei en energie vir hulle burgers te verseker.

Pres. Donald Trump. Foto: AP

“Ons model is realisties en pragmaties.”

Reuters berig al die Demokratiese Party se presidensiële kandidate in die verkiesing is ten gunste daarvan dat Amerika weer by die Parys-klimaatooreenkoms aansluit.

The Guardian berig die Franse president, Emmanuel Macron, en sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, gaan Woensdag ’n ooreenkoms in Beijing onderteken wat melding maak van die onomkeerbaarheid van die Parys-klimaatsooreenkoms.

Die Franse regering is teleurgesteld in die Trump-administrasie se besluit en sê dit maak die ooreenkoms oor die klimaat en biodiversiteit tussen Frankryk en China nog belangriker.

Die Parys-ooreenkoms is in 2016 deur 195 lande onderteken  om die styging in die wêreld se gemiddelde temperatuur te behou onder 2 °C bo die vlakke voor die nywerheidsera, om die gevare en uitwerking van klimaatsverandering te probeer beperk.

Meer oor:  Parys-Ooreenkoms  |  Mike Pompeo  |  Donald  |  Trump  |  China  |  Amerika  |  Frankryk  |  Klimaatsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.