Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amerika loop deur onder kuberaanval

Verskeie Amerikaanse regeringsdepartemente, sowel as private ondernemings, is die teikens van ’n grootskaalse kuberaanval.

Die departement van energie is die jongste regeringsdepartement wat onder die kuberkrakers deurgeloop het.

Dié departement is verantwoordelik vir die handhawing van Amerikaanse kernwapens, maar sê geen van sy veiligheidsmaatreëls was in die gedrang tydens die kuberaanval nie.

Shaylyn Hynes, woordvoerder van die energie-departement, het aan CNN gesê onmiddellike stappe is gedoen nadat kwesbare sagteware in die departement se stelsels uitgewys is. “Die sagteware is ook ontkoppel van die stelsel af,” het sy gesê.

Die tegnologiereus Microsoft het ook Donderdag aangekondig dat hy kwaadwillige sagteware in sy stelsels gewaar het.

Volgens Microsoft is daar 40 kliënte regoor die wêreld wat ’n problematiese weergawe van ’n derdeparty IT-bestuursprogram in hul stelsels geïnstalleer gehad het.

Microsoft sê 80% van die slagoffers is in Amerika gebaseer en die res in Kanada, Meksiko, België, Spanje, die Verenigde Koninkryk, Israel en in die Verenigde Arabiese Emirate.

“Ons verwag dat die aantal slagoffers en geaffekteerde lande gaan vergroot,” het Brad Smith, die president van Microsoft in ’n verklaring gesê.

Hy sê al die geaffekteerde kliënte is reeds ingelig.

Die kuberaanval wat tans in Amerika heers word beskryf as die grootste nog op regeringsdepartemente.

Die Amerikaanse tesourie- en die handelsdepartement is van die ander departemente wat onder die kuberkrakers deurgeloop het.

Die eerste onraad is Sondag bespeur en aangemeld.

Die Russiese regering het betrokkenheid ontken, maar daar word wyd bespiegel dat Rusland wel agter die kuberaanval sit.

President Donald Trump het nog nie kommentaar gelewer op die aanvalle nie.

Joe Biden, aangewese president, het gesê kubersekuriteit sal top prioriteit geniet onder sy administrasie.

“Hierdie aanvalle moet in die eerste plek nie gebeur nie,” het Biden gesê.

Amerika se top kubersekuriteit-agentskap, die Cisa, het Donderdag gesê dit gaan ’n “ingewikkelde en uitdagende” proses wees om die kuberaanval stop te sit. - CNN, Reuters en BBC

Meer oor:  Kuberaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.