Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amerika waarsku Iran oor aanvalle in Irak
Die stad Basran ná 'n week van gewelddadige onluste.

Amerika het Dinsdag ’n waarskuwing aan Iran gerig dat hy “vinnig en beslissend gaan optree” teen enige aanvalle in Irak wat uitgevoer word deur Teheran se bondgenote en wat die dood van enige Amerikaner tot gevolg het.

Amerika het Iran ook Dinsdag gewaarsku dat daar streng teen hom opgetree gaan word indien enige skade aan Amerika se eiendom aangerig word, berig Reuters.

In ’n verklaring wat deur die Withuis uitgereik is, word Iran daarvan beskuldig dat hy niks doen om die aanvalle, wat die afgelope dae by die Amerikaanse konsulaat in Basra en by die Amerikaanse ambassade in Bagdad plaasvind, te verhoed nie.

“Iran het nie opgetree om die aanvalle deur hul gevolmagtigdes in Irak stop te sit nie. Hulle het Irak egter ondersteun met geld, opleiding en wapens,” het die verklaring gelui.

Arab News berig drie mortierbomme het Vrydag in Bagdad se versterkte Groensone, waar die Amerikaanse ambassade geleë is, beland.

Die mortieraanval is die eerste in sy soort in die Groensone in ’n aantal jare. Die parlement, regeringsgeboue en talle buitelandse ambassades is in die Groensone geleë.

Niemand is beseer nie en geen skade is aangerig nie, volgens militêre magte in Irak.

Saterdag is die Amerikaanse konsulaat in Basra deur vuurpyle aangeval. Die konsulaat is naby die lughawe geleë.

Daar is in albei aanvalle geen sterftes aangemeld nie.

Die New York Times berig betogers in Basra, wat woedend is oor politieke korrupsie, het regeringsgeboue, onder meer Iran se konsulaat-gebou in Irak, verlede week geplunder en aan die brand gesteek.

Meer oor:  Irak  |  Amerika  |  Iran  |  Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.