Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vegvliegtuig tref gebou in Kalifornië

'n Vlieënier het Donderdag met 'n vegvliegtuig in 'n pakhuis in die suide van Kalifornië, Amerika, vasgevlieg, maar kon gelukkig daarin slaag om voor die impak die uitskietknoppie te druk.

Die vlieënier wat met 'n F-16-straalvegter gevlieg het, het buite die weermag se lugkamp in die gebou vasgevlieg terwyl hy met 'n roetine-oefening besig was.

straalvegter
'n Argieffoto van 'n straalvegter van die Amerikaanse weermag. Foto: Reuters

Beeldmateriaal wat ná die voorval geneem is, is op sosiale media geplaas. Daar kan gesien word dat 'n brand uitgebreek het en dat daar 'n groot gat in die pakhuis is.

'n Woordvoerder van die weermag sê die voorval het omstreeks 15:30 plaasgevind.

"Die vlieënier het die uitskietknoppie gedruk en hy's oukei."

Die woordvoerder glo nie daar was enigiemand in die pakhuis ten tyde van die voorval nie, maar vyf mense op die grond is wel beseer. – Reuters

Meer oor:  Kalifornië  |  Amerika  |  Ongeluk  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.