Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amerikaners wil entstof in SA kom vervaardig

Dyadic International Geïnk., ’n Amerikaanse biotegnologie-maatskappy, wil entstof teen Covid-19 kom vervaardig in Afrika, die kontinent waar die minste mense ingeënt word.

Bloomberg berig die maatskappy, wat in die Amerikaanse deelstaat Florida gesetel is, het Dinsdag ’n ooreenkoms van tegnologie-oordrag en lisensiëring aangekondig met die Suid-Afrikaanse Rubic Consortium, ’n nuutgestigte groep waarby Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC, betrokke is.

Die oordrag van tegnologie sal onmiddellik begin en die groep sal met Dyadic saamwerk om sy fase 1-studie oor sy huidige Covid-19-entstof te doen, het Shabir Madhi, dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, wat ’n vennootskap met Rubic het, gesê.

Dyadic kan al so vroeg as Oktober of November begin met sy entstof nadat hy by die plaaslike gesondheidsreguleerder aansoek gedoen het vir goedkeuring, het Madhi gesê.

Dyadic se tegnologie kan later gebruik word om ander entstof en behandelings te ontwikkel, het hy gesê.

Met Dyadic se toetrede tot Suid-Afrika, sluit hy aan by ImmunityBio Geïnk., wat ook beplan om entstof hier te vervaardig.

Pfizer Inc. het ingestem om die entstof deur die Biovac-instituut in Kaapstad te laat vervaardig, maar sal die bestanddele verskaf in ’n ooreenkoms wat soortgelyk is aan Johnson & Johnson en Aspen Pharmacare Holdings Bpk. in Durban.


Meer oor:  Shabir Madhi  |  Vervaardiging  |  Covid-19  |  Entstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.