Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amptenare reis kilometers, rig stembus vir 1 kieser op

Indiese amptenare het sowat 70 km deur ’n bos gereis om seker te maak ’n 69-jarige “heilige man” het die geleentheid gekry om in die wêreld se grootste demokratiese verkiesing te stem.

Vier amptenare van die verkiesingsowerhede en ’n polisieman het ’n spesiale stemlokaal diep in die Gir-reservaat opgerig sodat een kieser – Bharatdas Darshandas – in Indië se algemene verkiesing kon stem.

Darshandas is ’n priester wat reeds 20 jaar in die bostempel woon. Hy het sedert 2002 nog in elke verkiesing gestem. Hy het Dinsdag byna ’n kilometer tot by die spesiale stembus gestap.

Hy pas ’n Shiva-tempel op in die wildreservaat van 350 km² waarin die laaste sowat 600 Asiatiese leeus woon.

Indië het sowat 900 miljoen stemgeregtigdes wat by een miljoen stembusse kan stem.

“Die feit dat die regering so baie moeite doen om seker te maak dat ’n enkele stem uitgebring kan word, dui op die belangrikheid van elke liewe stem,” het Darshandas aan ANI gesê.

Die verkiesing word in sewe fases gedoen. Dit het op 11 April begin en eindig op 19 Mei. Die uitslag word op 23 Mei verwag.

– Reuters

Meer oor:  Indië  |  Stem  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.