Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Angela Merkel is (steeds) die magtigste vrou in die wêreld

Dr. Angela Merkel, die Duitse bondskanselier, is al amper ’n dekade die magtigste vrou ter wêreld.

Forbes het Merkel pas vir die negende agtereenvolgende keer as die magtigste vrou ter wêreld aangewys, terwyl die politikus Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, ook op dié lys van magtigste vroue ter wêreld is.

Moira Forbes, die Amerikaanse joernalis wat die uitvoerende visepresident van Forbes Media is, het die lys van magtigste vroue Donderdag op Twitter aangekondig.

“Dis amper die einde van 2019. Die vroue op ons lys herinner ons daaraan dat vroue bydra tot die vordering wat gemaak word, terwyl baie geleenthede in die volgende dekade wink,” sê Forbes.

Dr. Angela Merkel is reeds sedert 2005 die Duitse bondskanselier en word deur Forbes as die magtigste vrou in die wêreld beskou. Dit is die negende opeenvolgende jaar dat sy as die magtigste vrou in die wêreld aangewys word. Foto: Getty Images
Christine Lagarde was eers die besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat in 2019 benoem is as die nuwe hoof van die Europese Sentrale Bank. Sy beklee die tweede plek op die Forbes-lys. Foto: Getty Images
Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, is nommer drie op die ranglys. Sy is onlangs in ’n video beskryf as ’n ouma met wie jy nie moet mors nie. Foto: Getty Images
Ursula von der Leyen, nuwe president van die Europese Unie (EU), is nommer vier op die ranglys. Von der Leyen was Duitsland se minister van verdediging voordat sy as president van die EU aangestel is. Foto: Getty Images
Mary Barra, uitvoerende hoof van General Motors, beklee die vyfde plek op die ranglys van die magtigste vroue in die wêreld. Foto: Getty Images
Melinda Gates speel ’n sleutelrol in die grootste privaat-liefdadigheidsorganisasie in die wêreld. Sy is nommer ses op die ranglys van magtigste vroue in die wêreld. Foto: Getty Images
Abigail Johnson, die hoof-uitvoerende beampte van Fidelity Investments wat al sedert 2014 in dié pos is, is nommer sewe op die lys. Foto: Getty Images
Ana Botin, die voorsitter van die bank Banco Santander, is ’n Spaanse bankier wat gehelp het om dié bank tot nuwe hoogtes te lei. Sy beklee die nommer agt posisie op die lys. Foto: Getty Images
Ginni Rometty, die voorsitter, president en hoof- uitvoerende beampte van die International Business Machines Corporation (IBM), is nommer nege op die lys. Foto: Getty Images
Marillyn Hewson, die hoof-uitvoerende beampte van Lockheed Martin, is nommer tien op die lys. Foto: Getty Images

Meer oor:  Forbes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.