Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Armenië stem in tot skietstilstand
(Karen Minasyan, AFP)

Armenië het gesê hy sal saam met Rusland, Amerika en Frankryk werk om ’n skietstilstand in Nagorno-Karabakh te hernu.

Dit kom nadat die dodetal gestyg het op die sesde dag van gevegte oor die wegbreek-gebied in die Suid-Kaukasus, berig Reuters.

Volgens Reuters het Azerbaijan, wat teen etniese Armeniese magte in Nagorno-Karabakh veg, nog nie gereageer op Donderdag se oproepe vir ’n skietstilstand deur die drie lande nie

Die drie lande is mede-voorsitters van die Organisasie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa, die Minsk-groep, wat as bemiddelaars in die krisis optree.

Reuters berig Azerbaijan se president, Ilham Aliyev, het Dinsdag laat blyk gesprekke met Armenië sal nie plaasvind nie. Turkye, Azerbaijan se bondgenoot, het Donderdag gesê die drie moondhede behoort geen rol in die vredesproses te speel nie.

Reuters berig Emmanuel Macron, die Franse president, het in ’n verklaring gesê hy het telefonies met Armenië se eerste minister, Nikol Pashinyan, asook Aliyev gepraat. Macron het ’n nuwe metode voorgestel om weer samesprekings binne die Minsk-groep te begin en volgens hom sou werk daaraan Vrydagaand begin.

Volgens die Armeniese regering het Pashinyan en Macron saamgestem dat enige gebruik van buitelandse vegters of terroriste in die konflik onaanvaarbaar is. Macron het vir ’n onmiddellike skietstilstand gevra, berig Reuters.

Meer oor:  Armenië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.