Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Arnie wil nie eintlik vir Trump ‘terminate’ nie
Arnold Schwarzenegger Foto: Argief

Arnold Schwarzenegger, aksieheld en voormalige goewerneur van Kalifornië, wil nie regtig vir Donald Trump, Amerikaanse president, te lyf gaan nie.

Hy moes ’n vlaag vrae hanteer nadat uittreksels van ’n onderhoud wat hy met die tydskrif, Men’s Journal, gevoer het aan die lig gekom het.

Mense wonder of hy regtig van plan is om na die Withuis toe te gaan om Trump op te dons, soos wat hy grappenderwys in die artikel sê.

In dié onderhoud het Schwarzenegger sy gedagtegang beskryf nadat Trump op 6 Januarie in ’n twiet met Schwarzenegger die spot gedryf het omdat die huidige seisoen van die televisieprogram Celebrity Apprentice, wat Schwarzenegger aanbied, se kykertalle nie so groot is soos toe Trump die ster van die reeks was nie.

Trump het toe weer 'n paar dae gelede nog 'n twiet geskryf.

Schwarzenegger verduidelik in die onderhoud met Men’s Journal wat sy reaksie op die eerste twiet was.

“Ek het gesê: Kom ons wag vir ’n uur, maar toe bel ek my assistent en sê ek dink wat ons eintlik moet doen is om ’n vergadering te reël en terug te gaan New York toe.”

Volgens die artikel, wag Schwarzenegger vir ’n oomblik voordat hy sê: “En dan moker ons sy gesig teen ’n tafelblad.”

In die artikel beskryf die joernalis hoe Schwarzenegger se lag deur die koffiewinkel weerklink.

Schwarzenegger het later vir die tydskrif, Variety, gesê dit was ’n grap, maar dat die nuanse verlore geraak het soos die storie oor sosiale en digitale media versprei het.

“Skrywers wil sensasie skep en dinge vergroot,” meen Schwarzenegger, wat van 2003 tot 2011 goewerneur van Kalifornië was.

Ek probeer om altyd dinge op ’n smaakvolle manier te stel, en nie die indruk te skep dat ek fisiek teenoor die president wil optree nie
Arnold Schwarzenegger

Hy het selfs daarna verwys as “vervalste nuus”, omdat die storie oorgedra is sonder om daarop te wys dat hy “grappenderwys” sy gedagtegang beskryf het.

Schwarzenegger was voorheen krities jeens Trump, maar hy sê dit strek nie tot fisieke optrede nie.

“’n Mens moet baie versigtig wees. Ek probeer om altyd dinge op ’n smaakvolle manier te stel, en nie die indruk te skep dat ek fisiek teenoor die president wil optree nie. Ek het te veel respek vir die presidentskap, en ek wil seker maak dat die dinge wat ek doen, ook die dinge wat ek is verteenwoordig.”

Hy het ook daarop gewys dat hy soortgelyke aanmerkings gemaak het tydens ’n onlangse onderhoud met Timothy Ferriss. In dié onderhoud het hy ook sy gedagtegang uiteengesit.

“As ek dadelik reageer het, sou ek gesê het, ‘moenie ’n stank-kompetisie met ’n muishond begin nie’. Toe sê ek vir myself, ‘dalk is dit nie die regte antwoord nie, en dit sê eintlik niks nie.’ So toe wag ek eerder ’n bietjie,” het hy vir Ferriss gesê.

“Ek het stadig maar seker deur verskillende fases gegaan, en het ook aan myself gesê, ‘dalk moet ek net soontoe gaan en sy kop teen die tafel slaan’. Toe dink ek, ‘moenie dom wees nie’.”

Schwarzenegger het uiteindelik in sy twiet aan Trump gesê: “Daar is niks meer belangrik as die mense se werk nie. Ek wens jou alle sterkte toe, en ek hoop jy sal so aggressief werk vir alle Amerikaners soos jy vir jou kykersgetalle gewerk het.”

Reuters

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger  |  Nie  |  Wil  |  Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.