Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Asics sê ekskuus oor porno op televisies

Die sporttoerustingmaatskappy Asics het Sondag in 'n verklaring om verskoning gevra nadat pornografie op televisieskerms in een van sy winkels in Nieu-Seeland gespeel is.

Dit volg nadat verbygangers voor ’n sportwinkel in Auckland Sondagoggend verstom gestaan het terwyl pornografiese inhoud op die winkel se televisieskerms speel.

Dit het toe al vir sowat nege uur gespeel, het die maatskappy intussen vasgestel.

Asics sê in ’n verklaring ’n onbekende persoon het toegang tot die stelsel in hul winkel in sentraal-Auckland verkry, waarna dié persoon “afkeurenswaardige inhoud” op die skerms gebeeldsend het.

“Ons wil om verskoning vra vir enigiemand wat dit dalk gesien het. Ons werk saam met ons verskaffers wat ons aanlyn veiligheid en die veiligheid van ons programmatuur behartig om seker te maak dit gebeur nie weer nie,” sê Asics.

The New Zealand Herald berig die pornografie is sedert 01:00 Sondagoggend op die televisies gebeeldsend en is eers afgeskakel toe die personeel die winkel omstreeks 10:00 oopgesluit het.


Meer oor:  Auckland  |  Nieu-Seeland  |  Pornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.