Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Asielsoekers in VSA moet nou in aanhouding bly

Die prokureur-generaal (PG) van Amerika het beslis dat asielsoekers nie meer vrygelaat mag word terwyl hulle wag dat hul aansoek in die hof aangehoor word nie.

William Barr het die departement van binnelandse veiligheid 90 dae gegee om te verseker dat hy sy planne in plek kry vir die baie meer migrante wat hy nou gaan moet hanteer.

William Barr

Dit is Barr se eerste beslissing in die immigrasiehof sedert hy deur pres. Donald Trump aangestel is. Dit is in pas met die Trump-regering se planne om strenger te wees met die tienduisende migrante wat veral van Sentraal-Amerikaanse lande na Amerika stroom. Die immigrasiehowe val onder die beheer van die departement van justisie en die PG kan ’n beslissing doen wat dan ’n presedent in die regstelsel skep.

Voor Barr se beslissing kon hierdie migrante wat op die grens aankom en asiel vra, of in die land aangekeer word, vrygelaat word totdat hulle op ’n hofdatum wat aan hulle gegee is, in die hof moet verskyn.

Die implikasie van die beslissing is dat almal nou aangehou moet word in aanhoudingsplekke wat reeds tot oorlopens toe vol is.

Die aanhoudingsplekke word deur die departement van binnelandse veiligheid bestuur. Hulle het die reg om aangehoudenes op “parool” vry te laat en doen dit dikwels as hulle nie meer plek het nie.

Die volle impak van die beslissing is nog nie duidelik nie, want dit berus grootliks op die departement van binnelandse veiligheid se vermoëns, sê Steve Vladeck, professor in die regte aan die Universiteit van Texas.

Michael Tan van die American Civil Liberties Union sê hulle gaan die Trump-regering hof toe vat oor die beslissing. Immigrante-advokate het ook beswaar gemaak.

Die aantal immigrante in aanhouding was in die boekjaar vir 2019 meer as 46 000 mense per dag.

Meer oor:  William Barr  |  Vsa  |  Wêreld  |  Migrante  |  Aanhouding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.