Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
AU wens Malawi se nuwe president geluk

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag as voorsitter van die Afrika-unie (AU) pres. Lazarus Chakwera met sy geskiedkundige sege in die presidentsverkiesing in Malawi gelukgewens.

pres. Lazarus Chakwera
Pres. Lazarus Chakwera Foto: AP

Dít kom nadat die appèlhof Malawi se verkiesingsuitslag van Mei 2019 ongeldig verklaar het toe Peter Mutharika tot ’n tweede termyn as president verkies is.

Malawiërs het in Junie weer gestem en Chakwera kon sowat 58% van die stemme op hom verenig, berig Business Day. Chakwera is Sondag as president ingehuldig.

“Pres Ramaphosa besing die lof van en wens die mense van Malawi geluk met die hou van ’n vreedsame verkiesing wat die demokrasie in Malawi sal versterk,” lui die verklaring.

Ramaphosa het die AU daartoe herverbind om nouer met die regering van Malawi saam te werk en om in besonder meer aandag te gee aan die versterking van ekonomiese ontwikkeling en integrasie.

Al Jazeera berig die aanvanklike verkiesingsuitslag het tot maande van betogings in die strate gelei.

Chakwera het glo met verskeie opposisiepartye saamgespan om ’n koalisie te vorm om Mutharika te ontsetel.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.