Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Aussie-opgaarder leef 15 jaar lank saam met lyk

Opgaarders is bekend daarvoor dat hulle niks weggooi nie – maar selfs die mees verbete opgaarder sal darem sekerlik ontslae wil raak van die lyk van ’n inbreker wat hy doodgeskiet het.

Bruce Roberts van Sydney het nie gemeen dis nodig nie en het 15 jaar lank met die verrottende lyk van ’n inbreker saamgeleef.

Die plaaslike media het vandeesweek hieroor berig nadat ’n geregtelike doodsondersoek bevind het dit is waarskynlik wat met Shaun Snellman, die vermeende inbreker, gebeur het.

Sy lyk is in Mei 2018 ontdek toe skoonmakers die huis gaan opruim het nadat Roberts se lyk reeds in Julie 2017 in die huis ontdek is. Hy is aan natuurlike oorsake dood en sy lyk is gedrapeer oor ’n verwarmer gevind.

AFP berig meer as 70 lugverfrissers was om Snellman se gemummifiseerde lyk besaai soos wat Roberts die reuk van die ontbindende lyk probeer verdoesel het.

Die hof het bevind dat Snellman en Roberts mekaar nie geken het nie en dat die mees waarskynlike verduideliking is dat Snellman by die huis ingebreek en geskiet is, berig The Australian.

Meer as ’n dosyn vuurwapens is ook in sy huis gevind, volgens AFP.

Snellman is in 2002 uit die tronk vrygelaat waar hy weens dwelmverwante oortredings was.

Roberts was ’n ekstreme opgaarder wat selde sy huis verlaat het.


Meer oor:  Australië  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.