Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australië bevestig beleid – ook vir SA se boere

Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, sê hy het met Michael Turnbull, die land se eerste minister, gepraat en daar is geen sprake daarvan dat sy uitlatings oor die verwelkoming van Suid-Afrika se boere gerepudieer is nie.

Inteendeel, die regering ondersoek reeds verskeie gevalle van Suid-Afrikaners wat ingevolge Australië se beleid oor vlugtelinge kwalifiseer om hulle in dié land te vestig.

Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake.Foto: Facebook

Dutton het ’n onderhoud met Andrew Bolt van SkyNews op sy amptelike webblad geplaas. Daarin beantwoord hy onder meer vrae oor grondhervorming in Suid-Afrika.

* Bolt: “Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge, Lindiwe Sisulu, het ’n verklaring uitgereik waarin sy dit verwelkom dat Turnbull en Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake, jou uitlatings oor grondhervorming terugtrek. Is dit so?”

* Dutton: “Nee, hulle het nie, Andrew. Dit is baie duidelik en ek was vandag by die eerste minister. Nee, dit is nie teruggetrek nie.

“Die regering se standpunt is, soos ek dit ’n paar weke gelede gestel het: Dat ons ’n beleid het oor vlugtelinge en medemenslikheid en ons het ’n inname ingevolge daardie program. Indien mense in aanmerking kom, soos boere van Suid-Afrika, en hulle vervolg is, dan sal ons na individuele gevalle kyk en ons kyk nou na verskeie.

“Daar was geen ontkenning nie en dit is beslis nie die eerste minister of minister van buitelandse sake se beleid nie en die eerste minister het dit vandag bevestig.”

* Bolt: “Wel dit sal nie die eerste keer wees dat die minister van buitelandse sake jou ondermyn nie. Is jy oortuig daarvan dat sy dit nie in dié geval gedoen het nie?”

* Dutton: “Nee, Andrew, en ek het die brief gesien wat Julie aan haar eweknie in Suid-Afrika gestuur het, en dit behels geen verwerping of repudiëring van die uitlatings nie. Dit bevestig ons standpunt oor ons medemenslike beleid teenoor vlugtelinge.

“So, ek is nie seker hoe dit op die manier vertolk word soos wat die Suid-Afrikaanse minister dit gedoen het nie. Ek is nie seker watter plaaslike kwessies ’n rol speel in die politiek in Suid-Afrika wat hierdie kommentaar na vore sou bring nie, maar dit is nie gegrond op enige feitelike verklaring deur enigiemand in die Australiese regering nie.”

Bolt noem in die onderhoud dat pres. Cyril Ramaphosa “ ’n mosie in die parlement goedgekeur het” wat sal toelaat dat plase sonder vergoeding gevat word, maar sedertdien bygevoeg het dat grond nie gesteel of gegryp gaan word nie.

Honderde duisende Suid-Afrikaners noem Australië hul tuiste en die Australiese regering verwelkom dit. Hulle het hard gewerk en die beste van hul nuwe begin in Australië gemaak.
Andrew Bolt van SkyNews

Bolt vra Dutton of dit weens sy toedoen is en of dit hom tevrede stel.

Dutton sê hy het geen kommentaar oor Suid-Afrika se politiek nie.

Hy sê Australië is ’n wonderlike land wat menige Suid-Afrikaners verwelkom het.

“Honderde duisende Suid-Afrikaners noem Australië hul tuiste en die Australiese regering verwelkom dit. Hulle het hard gewerk en die beste van hul nuwe begin in Australië gemaak.

“Indien daar meer mense is wat beskerming vereis omdat hul regte geskend word, hulle aangerand is en ’n saak het om te stel, sal ons na daardie individuele omstandighede kyk – soos ek sê, ons doen dit nou reeds. Maar as dit gaan oor sake in Suid-Afrika, is dit ’n kwessie vir ander om kommentaar te lewer.

Meer oor:  Peter Dutton  |  Australië  |  Suid-Afrika  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.