Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australië ‘optimisties’ oor koers van nuwe infeksies

Gesondheidsowerhede in Australië is versigtig optimisties oor die verlangsaming in die verspreiding van Covid-19 in die land, maar waarsku dat inwoners steeds ’n veilige afstand van mekaar moet handhaaf.

Die getal bevestigde gevalle in Australië het in ’n dag se tyd met 181 toegeneem vir ’n totaal van 5 635, volgens die departement van gesondheid. Die dodetal weens die virus het tot 34 toegeneem. Dit dui daarop dat die daaglikse infeksiekoers onder 5% was, ongeveer ’n vyfde van die infeksiekoers vroeg in Maart.

Jeremy McAnulty, direkteur van gesondheidsbeskerming in Nieu-Suid-Wallis, sê daar is hoop dat die infeksiekoers verder gaan afplat.

Greg Hunt, minister van gesondheid, het Sondag ’n beroep op Australiërs gedoen om steeds vir die volgende halfjaar ’n veilige afstand van mekaar te handhaaf.

“Dit is ’n moeilike tydperk van ses maande wat ons sal moet deurmaak,” het hy aan Sky News Australia gesê.

’n Nuwe verslag van Google wat Australiërs se beweging in die vyf weke tot 29 Maart wys, het getoon dat besoeke aan restaurante en winkelsentrums met net 45% afgeneem het. In Suid-Afrika beloop dié syfer 79%.

’n Man wag om getoets te word vir Covid-19 naby Bondi Beach in Australië. Foto: Reuters

Die data vir Australië is wel gemeet voor strenger beperkings verlede week ingestel is wat openbare byeenkomste van meer as twee persone verbied. Mense is aangeraai om tuis te bly, hoewel ’n grootskaalse staat van inperking (soos in Suid-Afrika) nie geld nie. Australië se grensposte, kafees, klubs, parke en gimnasiums is wel gesluit.

Die polisie in verskeie state is by magte om inwoners wat nie die nuwe reëls nakom nie, swaar te beboet of selfs tronkstraf op te lê. Die polisie in Victoria het Saterdag 142 boetes uitgeskryf aan persone wat die reëls oortree het.

In Nieu-Seeland, wat soortgelyk aan Suid-Afrika ’n totale staat van inperking afgekondig het, is besoeke aan restaurante en winkelsentrums 91% minder, volgens Google.

Nieu-Seeland het Sondag 48 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld met die land se totaal wat nou op 1 039 staan. Slegs een persoon is hier aan die virussiekte dood.

Jacinda Ardern, premier, het Sondag gesê die land se vinnige en omvangryke optrede teen die virus blyk vrugte af te werp.

“Hoewel Nieu-Seelanders die nuwe reëls grootliks nakom, is daar steeds sommiges wat ek as idiote sal beskryf,” het sy egter op ’n konferensie op nasionale televisie gesê. - Reuters

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Australië  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.