Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australië se internasionale grense dalk nog lank toe

Australië se internasionale grense sal dalk eers teen die middel of tweede helfte van 2022 ten volle oopgestel word.

Dit was die antwoord van Dan Tehan, die land se minister van handel, Vrydagoggend toe hy in ’n onderhoud met Sky News daaroor uitgevra is.

“Die beste raaiskoot sal wees teen die middel of tweede helfte van volgende jaar, maar ons het deur die hele pandemie gesien hoe dinge kan verander,” het Tehan gesê.

Australië se internasionale grense is sedert vroeg verlede jaar toe om die verspreiding van die koronavirus te keer.

Mense mag wel sedert verlede maand tussen die land en Nieu-Seeland reis.

Vertragings met die land se entstofprogram en die voorkoms van hoogs aansteeklike virusvariante in lande soos Indië is ’n struikelblok vir die land se planne om sy grense ten volle oop te stel.

Intussen berig NPR dat vlugte vanaf Sydney weens ’n toename in infeksies daar tydelik gestaak gaan word.

Die aankondiging Donderdag deur amptenare in die hoofstad, Wellington, kom minder as drie weke sedert die reisborrel tussen Nieu-Seeland en Australië ingestel is.

Chris Hipkins, Nieu-Seeland se minister belas met Covid-19, het gesê dat vlugte van Nieu-Suid-Wallis vanaf Donderdag 48 uur lank opgehef sal word.

Hipkins sê gesondheidsamptenare het meer tyd nodig om die situasie in Australië te evalueer “en sal die nodige besluite neem”.

Hy sê reise tussen Nieu-Seeland en Australië word steeds toegelaat. Reuters, Bloomberg, NPR

Meer oor:  Australië  |  Pandemie  |  Toe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.