Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australië vergader oor aansteekliker Delta-variant

Australië se Covid-19-komitee sal Maandag ’n noodvergadering oor die verspreiding van die koronavirus se hoogs aansteeklike Delta-variant hou.

Die verspreiding van die Delta-variant het inperkings in Sydney genoop met sowat 18 miljoen Australiërs wat geraak is.

’n Man stap Maandag oor ’n straat in Sydney, Australië. Foto: Reuters

Josh Frydenberg, federale tesourier, sê hy dink Australië gaan nou ’n nuwe fase van die pandemie met dié aansteekliker variant binne. Hy het die stryd as kritiek beskryf.

Volgens hom vergader die nasionale veiligheidskomitee, onder leiding van die Australiese premier, Scott Morrison, Maandag met die land se mediese hoof.

Sydney is die naweek vir twee weke ingeperk, terwyl 18 infeksies Maandag in Nieu-Suid-Wallis aangemeld is.

Gladys Berejiklian, premier van Sydney, sê hulle sien byna ’n 100%-oordrag van die Delta-variant in huishoudings in Sydney.

“Die syfers kan op- en afgaan, en dit kan ook aansienlik toeneem,” het sy gesê.

Queensland het die dra van maskers Maandag weer verpligtend gemaak en beperkings op saamtrekke by huise ingestel, terwyl maatreëls steeds van krag in Victoria is.

Hoewel Australië ’n bietjie meer as 30 000 kumulatiewe koronavirusgevalle en 910 sterftes aangemeld het, is die Delta-variant ’n bron van kommer vir gesondheidsbeamptes. Reuters


Meer oor:  Australië  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Delta-Variant  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.