Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australië verleng visums vir mense uit Hongkong

Scott Morrison, premier van Australië, het Donderdag 'n reeks maatreëls aangekondig om inwoners van Hongkong by te staan om 'n nuwe lewe in Australië te begin.

Dit volg nadat China nuwe veiligheidswetgewing in Hongkong ingestel het.

Een van die maatreëls wat Morrison aangekondig het, is dat visums met vyf jaar verleng word. Hy het ook 'n uitleweringsooreenkoms met Hongkong opgeskort.

Ingevolge die nuwe veiligheidswetgewing kan Hongkongse verdagtes in China verhoor word.

Kanada het verlede week ook sy uitleweringsooreenkoms met China opgehef. 

Kanada is een van die sogenaamde Five Eyes (FVEY)-lande wat Woensdagaand samesprekings oor Hongkong en die nuwe veiligheidswetgewing gevoer het. Engeland, Amerika, Nieu-Seeland en Australië is die ander lande in die intelligensie-alliansie. – Reuters

Meer oor:  Scott Morrison  |  Hongkong  |  China  |  Australië  |  Uitleweringsooreenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.