Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australië vind Indiese variant onder nuwe infeksies

Die owerhede in die Australiese staat Victoria het Vrydag gesê die Delta-variant van die koronavirus, wat die eerste keer in Indië waargeneem is, is deur middel van genoomstudies nou vir die eerste keer onder infeksies in die jongste uitbreking van die virus in Melbourne gevind.

Tot dusver is daar twee gevalle in Victoria van die sogenaamde Delta-variant, dié variant wat ’n rampspoedige vlaag van infeksies in Indië veroorsaak het.

“Dit is kommerwekkend dat dit nie aan ander gevalle verbind kan word nie, maar ons is op die spoor van daardie primêre kontakte . . . en ons ondersoek die oorsprong daarvan,” sê Brett Sutton, Victoria se hoofgesondheidsbeampte.

Gesondheidswerkers is op 28 Mei besig met toetse vir die koronavirus by ’n deurrytoetssentrum op die eerste dag van ’n inperking van sewe dae in Melbourne, Victoria, te midde van pogings deur die staat om infeksies te beperk. Foto: Reuters/Sandra Sanders

Victoria, Australië se tweede digs bevolkte staat, sukkel sedert 24 Mei om die jongste uitbreking van 65 gevalle in toom te hou ná meer as drie maande van geen gevalle nie. Mense se bewegings is streng ingeperk en groot dele van die ekonomie is gesluit.

Die regering het al die nuwe gevalle aan ’n enkele reisiger verbind wat uit kwarantyn gekom het met ’n negatiewe toetsuitslag.

Melbourne is tans in sy tweede week van ’n streng inperking nadat dit met nog ’n week tot 10 Junie verleng is, maar sommige inperkings is vanaf Donderdagaand elders in die staat verslap.

Die owerhede het die verlenging van die streng inperkings in Melbourne aan die Kappa-variant toegeskryf, wat ook in Indië waargeneem is en wat die owerhede as ’n hoogs aansteeklike variant beskryf, ofskoon nuwe gevalle vir agt agtereenvolgende dae in die enkelsyfers gebly het.

Vier nuwe gevalle wat plaaslik opgedoen is, is Vrydag aangemeld teenoor drie die dag tevore.

Blitsinperkings, beperkings op streeksgrense en streng reëls ten opsigte van sosiale afstand het Australië grootliks gehelp om vorige uitbrekings te beperk en om sy Covid-19-syfers betreklik laag te hou met net meer as 30 100 gevalle en 910 sterftes.

Meer as 4,6 miljoen entstofdosisse was teen Woensdag reeds in Australië – wat ’n volwasse bevolking van sowat 20 miljoen mense het – toegedien. Reuters


Meer oor:  Australië  |  Delta  |  Infeksies  |  Variant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.