Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australiërs ook verder ingeperk

Die Australiese regering het Sondag sy steun uitgespreek vir die streng maatreëls wat die staat van Victoria beplan in ’n poging om die verspreiding van die koronavirus daar hok te slaan.

Die plaaslike regering in Victoria gaan na verwagting binnekort strenger maatreëls afkondig wat die beweging van mense vir minstens ses weke tot die uiterste sal beperk, veral in Melbourne, die staat se hoofstad.

Die nuwe inperkingstyd begin na verwagting eerskomende Woensdag.

Melbourne, die tweede grootste stad in Australië, is reeds in ’n staat van inperking, maar sukkel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Die rekordgetalle nuwe infeksies wat die afgelope week aangeteken is, noodsaak verdere beperkings.

In Victoria (die staat) is Sondag meer as 650 nuwe gevalle aangemeld, teenoor die 397 van die vorige dag.

Dan Tehan, minister van opvoeding, het aan Sky News gesê die federale regering steun Victoria se besluit oor die nuwe maatreëls heelhartig.

Australië was tot dusver nie vreeslik swaar getref deur die koronavirus nie, maar die streng maatreëls wat reeds maande lank geld, is besig om ’n aansienlike uitwerking op die land se ekonomie te hê.

Die totale aantal infeksies beloop sowat 17 300 met 200 mense wat reeds aan die virussiekte gesterf het.

Maar party state, waaronder Victoria, sukkel om die verdere verspreiding van die virus te bekamp.

Inwoners van Melbourne mag net na hul kantore gaan, noodsaaklike inkopies doen, mediese sorg bekom en gaan oefen.

Kragtens die nuwe regulasies (wat van Woensdag af sal geld) sal die inwoners slegs 5 km van hul woonplek mag reis (om welke rede) en net een persoon per huishouding sal inkopies mag doen.

Die nuwe maatreëls gaan vervoeropsies beperk en ook baie winkels negatief raak.

Restaurante sal steeds net toegelaat word om kontaklose wegneemetes te verkoop.

Bewegings sal ook in die res van die staat beperk word, maar nie in dieselfde mate as in Melbourne nie.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Covid-19  |  Australië  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.