Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australiese student glo in Noord-Korea aangehou

Die Australiese departement van buitelandse sake probeer vasstel of een van sy burgers, ’n 29-jarige student, in Noord-Korea aangehou word.

Dit kom nadat die media in Suid-Korea Donderdag berig het dat vriende van Alek Sigley, wat ’n student in Pjongjang in Noord-Korea is, hom as vermis aangemeld het.

’n Woordvoerder van die Australiese regering sê in ’n verklaring bystand word intussen aan sy familie verleen.

“Ons probeer dinge uitklaar.”

Alek Sigley van Australië word glo in Noord-Korea aangehou. Foto: Twitter/ @AlekSigley

Australië het nie enige diplomatieke teenwoordigheid in Noord-Korea nie en is dus afhanklik van derde partye om namens hom op te tree.

“Ons ambassade in Suid-Korea het na Noord-Korea uitgereik. Ons werk deur die Sweedse regering in Noord-Korea en al die stappe is reeds gedoen,” sê Mathias Cormann, Australië se minister van finansies.

Sigley is ’n nagraadse student wat gereeld artikels vir internasionale media-organisasies oor sy tyd in Noord-Korea skryf. Sy artikels is redelik positief.

Noord-Korea het oor die jare berug geword daarvoor dat hy buitelandse toeriste, veral van Amerika, aanhou.

Die dood van die Amerikaanse student Otto Warmbier in 2017, nadat hy 17 maande lank aangehou is, het spanning tussen Amerika en Noord-Korea veroorsaak.

Warmbier is in 2016 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy glo ’n propaganda-plakkaat in sy hotel probeer steel het. Noord-Korea het hom aan Amerika terugbesorg, maar toe was Warmbier in ’n koma. Hy het kort daarna gesterf.

Amerika het in September 2017 ’n reisverbod na Noord-Korea ingestel met net ’n paar uitsonderings vir joernaliste en humanitêre werkers.

Die spanning tussen die twee lande het effens afgeneem nadat pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, verlede jaar in Singapoer oor die Noord-Koreaanse kernwapenbedreiging vergader het.

Trump en Kim het vanjaar weer in Viëtnam vergader, maar dit het skielik tot ’n einde gekom. – Reuters


Meer oor:  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.