Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australiese student skryf oor kos, N-Korea sê hy spioeneer
Alek Sigley van Australië is vrygelaat nadat hy in Noord-Korea aangehou is. Foto: Reuters

’n Australiese student wat uit Noord-Korea geskop is nadat hy sowat tien dae aangehou is, het gespioeneer deur sy werk vir buitelandse media, het die Noord-Koreaanse staatsmedia Saterdag berig oor Alek Sigley wat sedert 25 Junie in die land aangehou is.

Sigley, ’n meestersgraadstudent, is ’n aktief op sosialemediaplatforms en het gereeld vir internasionale mediaorganisasies, insluitende NK News, geskryf oor sy ervarings in Noord-Korea.

Korean Central News Agency (KCNA) het berig ondersoeke het onthul Sigley het glo data en foto’s aan NK News en ander mediaorganisasies gestuur, en dat

hy tydens sy aanhouding erken het dat hy gespioeneer het. Hy het glo herhaaldelik om verskoning gevra.

Sigley se jongste inskrywing op sosiale media op 30 April beskryf sy eetervarings in Pyongyang, volgens die NK News-webblad.

“Die ses berigte wat Alek gepubliseer het, verteenwoordig die volle omvang van sy werk by ons en die idee dat daardie rubrieke, wat onder sy naam gepubliseer is, tussen Januarie en April 2019 op enige manier teen die staat is, is ’n wanvoorstelling wat ons verwerp,” sê Chad O’Carroll, uitvoerende hoof van Korea Risk Group in ’n verklaring.

Korea Risk Group is die uitgewer van NK News.

“Alek Sigley se gewilde rubrieke verteenwoordig ’n apolitieke en insiggewende blik op die lewe in Pyongyang wat ons gepubliseer het in ’n poging om beskrywings van die daaglikse lewe in dié hoofstad aan ons lesers te bring,” sê O’Carroll.

Sigley het Vrydag veilig in Tokio, Japan, aangekom om by sy Japanse vrou aan te sluit, maar het nog nie in die openbaar kommentaar gelewer oor die rede vir sy aanhouding of wat met hom in Pyongyang gebeur het nie.


Meer oor:  Noord-Korea  |  Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.