Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Baba wat op vliegtuig sterf het glo verkoue gehad
Nadia ParenzeeFoto: Instagram

Die baba wat Sondag dood is in die arms van ’n vreemdeling wat haar ’n oomblik op ’n vliegtuig vasgehou het, was twee dae vantevore met ’n verkoue by die dokter, berig Daily Mail.

Die babameisie, Farah, is Sondag dood op 'n vlug van Air Asia tussen Kuala Lumpu en Perth. Sy het moeilik asemgehaal en toe net opgehou, het Nadia Parenzee, die vrou van Perth wat die baba vasgehou het, in 'n inskrywing op Facebook gesê.

AirAsia het die voorval in 'n verklaring bevestig, maar wou nie verdere besonderhede verskaf nie, het 9News in Australië berig.

Nadat die baba se dood wêreldwyd opslae gemaak het, het Parenzee die egpaar van Saoedi-Arabië gaan sien en hulle het aan haar vertel dat hoewel hul twee maande oue dogter siek was, ’n dokter van mening was dat sy gesond genoeg was om te kan vlieg, berig Daily Mail.

“Die meisie het verkoue gehad en hulle was dokter toe met haar. Hy het ’n soutoplossing gegee vir die vlug,” sê Parenzee.

Die egpaar was op pad na Australië om ’n nuwe lewe daar te begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.