Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bahrein en Israel se nuwe bande sal spanning verlig – Trump
Pres.Donald Trump van Amerika doen Vrydag ’n aankondiging in die Withuis oor diplomatieke betrekkinge tussen Bahrein en Israel in die Midde-Ooste. Foto: Reuters//Kevin Lamarque

Bahrein het by die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) aangesluit deur betrekkinge met Israel te normaliseer, het pres. Donald Trump van die VSA Vrydag bekend gemaak, in ’n drastiese stap gemik daarop om spanning in die Midde-Ooste te verlig.

Trump het dié nuus getwiet nadat hy oor die foon met Hamad bin Isa Al Khalifa, Bahrein se koning, en Benjamin Netanyahu, Israelse premier, gepraat het, het die Withuis bevestig.

Die drie leiers sê in ’n gesamentlike verklaring hulle het ooreengekom op “volle diplomatieke betrekkinge tussen Israel en die Koninkryk van Bahrein”.

“Dit is ’n geskiedkundige deurbraak om vrede in die Midde-Ooste verder te bevorder. Om regstreekse dialoog te open en bande te bou tussen dié twee dinamiese samelewings en gevorderde ekonomieë, sal die positiewe transformasie van die Midde-Ooste voortsit en stabiliteit, veiligheid en welvaart in die streek laat toeneem,” lui die verklaring.

Die verdrag tussen Israel en die VAE, wat op 13 Augustus aangekondig is, sal Dinsdag in die Withuis onderteken word.

Luidens die verklaring het Bahrein ’n uitnodiging van Trump aanvaar om by Israel en die VAE vir die plegtigheid aan te sluit.

Netanyahu en Abdoellatif bin Rasjid Al Zajani, Bahrein se minister van buitelandse sake, gaan ’n “geskiedkundige verklaring van vrede” by dié geleentheid onderteken.

Die partye sal “voortgaan met hul pogings in dié verband om ’n billike, omvattende en duursame oplossing tot die konflik tussen Israel en Palestina te vind om die Palestynse mense in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik”, lui die gesamentlike verklaring.


Meer oor:  Donald Trump  |  Bahrein  |  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.