Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Bande tussen SA en VAE groei vinnig’

Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) sê hulle is bekommerd oor aanvalle op burgerlikes in Jemen, sowel as die verslegtende gesondheidsituasie in dié Midde-Oosterse land.

Sjeik Abdullah bin Zayed Al Nahyan (naaslinks), die Verenigde Arabiese Emirate se minister van buitelandse sake en internasionale verhoudinge, en Susan Shabangu (naasregs), minister van welsyn, onderteken Maandagmiddag in Pretoria ’n ooreenkoms oor samewerking op maatskaplike gebied tussen dié twee lande. Foto: Sarel van der Walt
Sjeik Abdullah bin Zayed Al Nahyan (naaslinks), die Verenigde Arabiese Emirate se minister van buitelandse sake en intermnasionale verhoudinge, en Suid-Afrika se Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, onderteken Maandagmiddag in Pretoria ooreenkomste tussen dié twee lande. Foto: Sarel van der Walt

Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar VAE-ampsgenoot, sjeik Abdullah bin Zayed Al Nahyan, het tydens die tweede vergadering van die gesamentlike kommissie tussen die twee lande in Pretoria, ook oor die situasie in Sirië en die Palestynse kwessie gepraat.

Die twee lande sê hulle steun die pogings van die Verenigde Nasies (VN) se spesiale gesant in Jemen om vrede in dié land te probeer bewerkstellig.

Hulle glo ook die VN se veiligheidsraad moet die situasie in Sirië beredder, terwyl hulle ’n tweestaat-oplossing vir die twis tussen die Palestyne en Israel voorstaan.

Verskeie samewerkingsooreenkomste tussen die twee lande is ook onderteken – van welsyn tot wetenskap en tegnologie, verdediging, kuns en kultuur, hoëronderwys, toerisme en burgerlugvaart.

Susan Shabangu, minister van welsyn, het ook ’n ooreenkoms met Zayed gesluit.

Geen vrae is ná die ondertekening van die ooreenkomste toegelaat nie, maar ’n gesamentlike verklaring is later uitgereik.

Pres. Cyril Ramaphosa het die VAE in Julie besoek.

Die twee lande het verlede maand ’n uitleweringsooreenkoms onderteken.

Sisulu het kort daarna gesê dit kan die weg baan om die omstrede Gupta-familie aan Suid-Afrika uit te lewer.

Die VAE het vroeër vanjaar aangekondig het hy beplan om $10 miljard in Suid-Afrika te belê.

Ek glo dit sal meer wees as ons eers ’n ooreenkoms oor die nodigheid vir visums uitgeklaar het.

Die twee lande se afvaardigings het ook gepraat oor maniere hoe om die politieke, ekonomiese en beleggingsverhouding tussen die twee lande te verbeter.

Sowat 20 000 Suid-Afrikaners woon in die VAE, het Zayed gesê.

Volgens hom het 80 000 Suid-Afrikaners sy land verlede jaar besoek.

“Ek glo dit sal meer wees as ons eers ’n ooreenkoms oor die nodigheid vir visums uitgeklaar het,” het die sjeik gesê.

Suid-Afrika is tans in gesprek met nege lande in die Midde-Ooste oor die verslapping van visumvereistes.

“Ons het ’n diverse-verhouding en ek sal graag wil sien dat ons meer fokus op sosiale sake en ook meer aandag aan kultuursake gee.

“Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VAE groei baie vinnig,” het hy gesê.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.