Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bedrogklag teen Netanyahu

Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, sê hy sal nie bedank nie al is hy van bedrog aangekla.

Die land se prokureur-generaal, Avichai Mandelblit, het Donderdag aangekondig dit is met ’n “swaar hart” dat aanklagte van bedrog, omkopery en statutêre vertrouensbreuk teen die premier opgestel is.

Ondersteuners van Benjamin Netanyahu, die Israelse premier, betoog gister voor sy huis nadat aangekondig is hy word onder meer van bedrog aangekla.Foto: Reuters

Volgens Mandelblit is die aanklagte gegrond op “stewige bewyse”.

Netanyahu het glo duur geskenke van ryk sakemanne aanvaar en het regulasies blykbaar so verander om ’n spesifieke mediagroep te bevoordeel om vir homself meer positiewe nuusdekking te verseker.

Hy het in reaksie gesê die aanklagte is vals en politiek gemotiveer.

“Hierdie is ’n poging om ’n staatsgreep teen die premier uit te voer,” het hy gesê.

“Die doel van die ondersoeke was om die regse vleuel uit die regering te kry.

“Die ondersoekers was nie agter die waarheid aan nie, maar agter my.”

Hy het sowat 15 minute lank uitgevaar teen sy politieke teenstanders en die regbank.

“Ek sal nie toesien dat die leuen triomfeer nie.

“Ek sal voortgaan om die land te dien, ingevolge die letter van die wet.”

Netanyahu, wat al 13 jaar regeer, se regspan het verlede maand probeer om die staat tydens ’n voorverhoor sover te kry om die aanklagte te laat vaar.

Hy het herhaalde beroepe uit opposisiegeledere om te bedank, geïgnoreer.

Ministers en LP’s moet bedank sodra hulle van ’n misdaad aangekla word. Die eerste minister is nie onder daardie verpligting nie en moet eers bedank nadat hy skuldig bevind is en alle appèlprosesse deurgegaan is.

Dit kan jare lank duur.

Dit beteken nie noodwendig Netanyahu gaan nog vir jare regeer nie.

Daar heers reeds die afgelope twee jaar groot politieke onsekerheid in die land nadat hy en die Likud-party nie in twee verkiesings ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie weens die skandaal.

Die aanklagte kan die druk op die party verder verhoog om van hom ontslae te raak. – Al Jazeera, BBC, CNN

Meer oor:  Benjamin Netanyahu  |  Israel  |  Bedrogklagte  |  Premier  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.