Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bejaarde se troetelvoël maak hom dood
’n Kasuaris is ’n groot loopvoël inheems aan die woude van Nieu-Guinee. Foto: Wikipedia

’n 75-jarige man van Florida in die VSA is deur sy troetelvoël doodgemaak.

Marvin Hajos van die stad Alachua is Vrydag met ernstige wonde aangetref en later in die hospitaal dood.

Hy is vroeër die dag deur sy mak kasuaris, ’n soort loopvoël, aangeval, het die polisie aan die BBC bevestig. Hoewel owerhede die voorval ondersoek, beskou hulle dit as ’n “tragiese ongeluk”.

“Ons verstaan die man was naby die voël toe hy val. Die voël het hom toe aangeval,” het Jeff Taylor van die plaaslike polisie aan die Gainesville Sun gesê.

Buiten die kasuaris het Hajos ook ander eksotiese diere soos lamas aangehou.

Kasuarisse is verwant aan volstruise en ook emoes, inheems aan Australië.

Die kasuaris kom hoofsaaklik voor in die tropiese woude van Nieu-Guinee. Die voël weeg tot 60 kilogram en kan tot 1,8 meter hoog word.

Owerhede vermoed die voël het Hajos met sy lang kloue aangeval en noodlottig gewond.

ABC berig die dier is nie van kant gemaak nie en is steeds op Hajos se eiendom.

Karen Parker, woordvoerder vir die Florida kommissie vir die bewaring van visserye en wilde diere, sê Hajos moes ’n spesiale permit hê om die kasuaris aan te hou.

Sy sê sy vermoed die oorledene het met die eksotiese voël geteel.

Meer oor:  Dood  |  Kasuaris  |  Troeteldier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.