SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
Bekroonde wildlewe-kunstenaar sterf
David Shepherd Foto: Facebook

Die bekroonde kunstenaar en wildliefhebber David Shepherd het sy stryd teen Parkinson se siekte verloor.

Die Britse David Shepherd-stigting (DSWF), wat hulle daarvoor beywer om bedreigde soogdierspesies in hul natuurlike omgewing te beskerm, het Woensdag sy dood op hul amptelike webtuiste bevestig.

Shepherd, die organisasie se stigter, is in 1931 gebore.

Hy was die afgelope 10 weke in die hospitaal. Volgens die stigting is hy vreedsaam in sy slaap dood.

Shepherd was vir meer as 50 jaar ’n kampvegter vir die bewaring van skaars en bedreigde spesies en hy het die stigting in 1984 begin.

Volgens die stigting het hy sy kuns gebruik om geld vir die projekte van die stigting in te samel en in die proses het hy honderde mense geïnspireer om in sy voetspore te volg.

Shepherd het die stigting begin omdat hy iets wou teruggee aan die diere wat hom gehelp het om ’n suksesvolle kunstenaar te word.

Hy word veral onthou vir sy liefde vir Afrika se olifante.

Hy word veral onthou vir sy liefde vir Afrika se olifante, wat in baie van sy werke, insluitend die ikoniese The Ivory is Theirs en Wise Old Elephant, uitgebeeld word.

Hy het in 2014 met die 30ste herdenking van die stigting ’n skildery van ’n olifant geskilder wat vir £50,000 (byna R900 000) verkoop is. Dié geld is vir natuurbewaringsprojekte in Afrika en Asië geoormerk.

“David het ’n passie vir die wildlewe gehad. Die rol wat die mens in die ondergang daarvan speel het, het hom woedend gemaak en was die bron van sy inspirasie,” sê Karen Botha, hoofbeampte van DSWF.

“Hy was ’n toegewyde, hardnekkige en uitgesproke kampioen vir diere en vir die mense wat hulle beywer het om die diere te beskerm. Hy sal baie gemis word.”

Shepherd word oorleef deur sy vrou, vier dogters, nege kleinkinders en een agterkleinkind.

Meer oor:  Kunstenaar  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.