Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Beloofde skenkings vir Notre Dame nog nie ontvang

Die meeste geld wat belowe is vir die heropbou van die afgebrande Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, moet nog ingesamel word, sê Michel Aupetit, die aartsbiskop van Parys, in ’n verklaring Woensdag.

Die Notre Dame in ligte laaie. Foto: Getty Images

Die bedrag van ’n miljard euro is vir die herstelwerk belowe, maar tot dusver is nog net €13,5 miljoen ontvang, sê Aupetit volgens france24.

Dis is hoekom die insameling voortgaan, sê hy.

Aupetit sê hy glo die groot bedrae wat deur individue belowe is en nog nie ontvang is nie, sal later gegee word.

Die skenkings word deur die Stigting Notre Dame bestuur. Die stigting is op die oomblik in gesprek met die families Pinault en Arnault wat onderskeidelik €100 miljoen en €200 miljoen belowe het.

Franck Riester, minister van kultuur, sê dit is te vroeg om te dink dat te veel geld ingesamel is, berig MSN.

Die Notre Dame-katedraal in die hartjie van Parys se toringspits en dak is op 15 April in ’n brand verwoes.

Van die €13,5 miljoen wat reeds ontvang is, kom €9,5 miljoen van 43 000 individuele skenkers van Frankryk en die buiteland – waaronder 7 000 Amerikaners. Die res, €4 miljoen, kom van groot skenkers, berig Business Live.

Meer oor:  Parys  |  Notre Dame-Katedraal  |  Wêreld  |  Brand  |  Skenkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.