Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Beraad tussen Trump en Noord-Korea in gedrang

Noord-Korea het gedreig om die beraad tussen pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, wat vir 12 Junie in Singapoer beplan word, te kanselleer.

Noord-Korea sê Amerika moet mooi dink oor die ontmoeting in die lig van "uitdagende militêre stoornisse met Suid-Korea", het die staatsmedia in Noord-Korea berig, volgens CNN.

Die BBC berig dat Noord-Korea se minister van verdediging gesê het as "Amerika ons eensydig in 'n hoek druk en eis dat ons van kernwapens afstand doen, sal ons nie meer belang stel in gesprekke nie en die komende beraad heroorweeg".

Noord-Korea het gesprekke wat Woensdag met Suid-Korea sou plaasvind weens 'n gesamentlike militêre oefening tussen die Suid-Koreane en Amerika opgeskort.

Noord-Korea het vroeër aangedui dat hy verstaan dat dié militêre oefeninge moes voortgaan.

"Ons sal onafhanklik kyk wat Noord-Korea gesê het," het die Withuis se perssekretaris, Sarah Sanders, in 'n verklaring gesê.

Bronne het gesê die Withuis is onverhoeds betrap deur die berigte. 'n Amptenaar het gesê hulle het nie enige inligting uit Pjongjang oor die status van die gesprekke gekry nie, volgens CNN.

Amerika het die gesamentlike militêre oefeninge met Suid-Korea verdedig. Die woordvoerder van die departement van buitelandse sake,

Heather Nauert, het gesê hulle het geen inligting ontvang van enige ontwrigting van die beplande oefeninge of die voorgenome beraad nie.

"Ons moenie dinge vooruitloop nie. Die nuus het onlangs aan die lig gekom en ons moet dit verifieer, maar ons gaan voort met die beplanning van die beraad," het sy gesê.

Trump is glo oor Noord-Korea se waarskuwing ingelig.

  

  
Meer oor:  Donald Trump  |  Noord-Korea  |  Kim Jong-Oen  |  Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.