Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Berigte oor ontploffing by teater in Sri Lanka

'n Ontploffing is vroeg Woensdagoggend by 'n rolprentteater in Sri Lanka se hoofstad, Colombo, gehoor, berig Sky News.

Dié ontploffing was naby die Savoy-teater in Colombo.

Sky News berig die polisie het 'n beheerde ontploffing op 'n verdagte motorfiets uitgevoer. 

Selfmoordbomaanvallers het op 21 April agt aanvalle by kerke en hotelle in diéstad uitgevoer.

Minstens 359 mense is in die aanvalle dood. 

Die Islamitiese Staat (Isis) het Dinsdag aanspreeklikheid aanvaar, hoewel die terreurgroep nog geen bewyse van sy betrokkenheid gelewer het nie.

Maithripala Sirisena, premier van Sri Lanka, het intussen onderneem om streng op te tree, nadat dit aan die lig gekom het dat Sri Lanka gewaarsku is oor moontlike aanvalle.

Die inligting is glo deur die Indiese regering by 'n Isis-verdagte in aanhouding tydens ondervraging bekom, berig CNN.

Die inligting is glo nie voor die aanvalle onder die premier is aandag gebring nie, berig die BBC.

Meer as 100 mense is teen Woensdagoggend in hegtenis geneem, luidens die ministerie van verdediging.

Meer oor:  Sri Lanka  |  Ontploffings  |  Ontploffing  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.