Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Berlyn: Duitse polisie soek na Tunisiese man
Lede van die Duitse polisie hou wag by die Kersmark by Keiser-Wilhelm-gedenkkerk in Berlyn ná Maandagaand se terreuraanval. Foto: Reuters/Hannibal Hanschke
Berlynse inwoners en vlugtelinge sing die liedjie “We Are the World” saam by die Keiser Wilhelm-gedenkkerk in Berlyn ná die terreuraanval Maandagaand waarin 12 mense dood is. Foto: Reuters/Hannibal Hanschke
Blomme en kerse word naby die Kersmark in Berlyn geplaas nadat ’n vragmotor Maandagaand in ’n skare by die mark ingeploeg het. Foto: Reuters/Hannibal Hanschke
Kersversierings en ’n roos word neergesit by die Kersmark in Berlyn waar 12 mense Maandagaand in ’n terreuraanval dood is. Foto: Reuters/Hannibal Hanschke

Die polisie in Duitsland is op soek na ’n Tunisiese man nadat ’n identiteitsdokument onder die sitplek gevind is van die bestuurder van die vragmotor wat Maandagaand in ’n skare mense by ’n Kersmark in Berlyn ingeploeg het.

12 mense is in die terreuraanval dood wat Duitsland kort voor Kersfees tot stilstand geruk het.

Luidens veiligheidsbronne verskyn die naam Anis A op die dokument. Die identiteitsdokument dui aan dat die man in 1992 in die stad Tataouine in die suide van Tunisië gebore is.

Volgens bronne is dit gebruiklik dat verdagtes met hul eerste naam en ’n voorletter geïdentifiseer word.

Der Spiegel berig dat dit onduidelik is wanneer Anis A na Duitsland gekom het.

Die man gebruik glo ook vals name.

’n Woordvoerder van die Tunisiese ministerie van buitelandse sake het gesê hulle probeer die inligting verifieer.

Die Duitse dagblad Bild berig dat die man bekend is aan die polisie as ’n individu wat moontlik gevaarlik is en deel is van ’n groot Islamitiese netwerk.

Die 25-ton-trok, wat aan ’n Poolse vragmaatskappy behoort, het in die houthutte waar Kersgeskenke, glühwein en wors verkoop is, ingeploeg.

45 mense is beseer.

Die Poolse bestuurder van die gekaapte trok is doodgeskiet in die kajuit van die trok gekry.

Isis het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Die terreurgroep het vroeër vanjaar ook verantwoordelikheid vir ’n soortgelyke aanval aanvaar toe ’n vragmotor, wat deur ’n Tunisies gebore man bestuur is, op Bastille-dag in Julie vanjaar in ’n skare by die Promenade des Anglais in die kusstad Nice ingeploeg het. 86 mense is in die aanval dood en die bestuurder is deur die polisie doodgeskiet. – Reuters

Meer oor:  Berlyn  |  Terreur  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.