Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Berugte oud-Isis-leier se suster glo aangekeer

Die suster van die berugte Isis-leier Aboe Bakr al-Baghdadi is in alle waarskynlikheid Maandag in die noorde van Sirië gevange geneem.

Rasmija Awad, glo die suster van die oud-Isis-leier Aboe-Bakr al-Baghdadi, is gevange neem, het die Turkse regering Dinsdag gesê. Foto: Reuters

Die vrou, haar man en skoondogter word tans ondervra, het ’n Turkse amptenaar Dinsdag aan Reuters gesê.

Die vrou wat amptenare glo Rasmija Awhad (65) is, is in ’n klopjag naby Azaz, ’n dorp naby die grens met Turkye en onder Turkse beheer, in hegtenis geneem.

Turkye hoop sy sal meer kan verklap oor die werkinge van die terreurgroep Isis.

Daar was nie onmiddellik genoeg inligting om te bevestig dat dit wel Baghdadi se suster is wat gevange geneem is nie.

Baghdadi is onlangs dood toe hy homself in ’n blitsoperasie deur die Amerikaanse Delta Force opgeblaas het. Baghdadi het blykbaar by ’n tonnel ingevlug en homself saam met twee van sy kinders opgeblaas.Reuters

Meer oor:  Aboe Bakr Al-Baghdadi  |  Isis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.