Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Beslag gelê op ‘vervalste Hitler-skilderye’

Vyf skilderye wat glo vervalsings is van werke deur die Nazi-leier, Adolf Hitler, is Saterdag op ’n veilig in Duitsland aangebied, maar nie verkoop nie.

Een van Hitler se skilderye. Foto: Getty Images

Die veiling is in Neurenberg gehou.

Ondersoekers het drie dae voor die veiling beslag gelê op 63 ander skilderye wat aan Hitler toegeskryf word, maar na vermoed word, vervals is, berig ABC.

Daar is geen bod op Saterdag se veiling gemaak nie.

Die BBC berig dat die kunswerke geteken is “AH” of “A Hitler”.

’n Ondersoek is begin teen ongeïdentifiseerde individue “wat vermoedelik dokumente vervals het, en weens poging tot bedrog”, het Antjie Gabriels-Gorsolke, hoofaanklaer van Neurenberg-Fürth, aan AFP gesê.

Sy het aan The Guardian gesê as die skilderye vervalsings is, sal hulle probeer vasstel wie wat in die eienaarskapsketting geweet het.

Meer oor:  Duitsland  |  Hitler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.