Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Betogers in Belarus in hegtenis

Owerhede in Belarus het Saterdag ’n plein in die middel van die hoofstad, Minsk, met lemmetjiesdraad afgesper en toe op die betogers toegeslaan.

Minstens 5 000 mense het op die plein saamgetrek om teen die uitslag van verlede maand se verkiesing te betoog.

Hulle het ook die vrylating van ’n opposisieleier geëis.

Die departement van binnelandse sake het later bevestig dat altesame 114 mense oor die land heen in hegtenis geneem is, van wie 99 in die hoofstad.

“Daar was meer as 1 000 mense in ons groep. Soldate het ons in sirkels bymekaargemaak en mense selektief uit die skare gepluk en geslaan,” het een ooggetuie vertel.

’n Man in Belarus hou ’n plakkaat vas wat lui: “Ons sal nie vergewe nie. Ons sal nie vergeet nie.” Veiligheidsmagte het die naweek weer toege-slaan op mense wat betoog teen die uitslag van verlede maand se verkiesing. Foto: AP

Olga Tsjemodanowa, ’n amptenaar van die departement van binnelandse sake, het gesê bykomende polisielede en soldate is in Minsk ontplooi om “onwettige byeenkomste” te voorkom.

Belarus, Rusland se naaste bondgenoot uit die voormalige Sowjetunie, gaan sedert 9 Augustus gebuk onder betogings oor beweerde knoeiery in die presidentsverkiesing.

Pres. Aleksander Loekasjenko ontken die aantygings en beweer buitelandse magte hits die betogings aan.

Sleutelfigure in Belarus se opposisieparty is óf in hegtenis geneem óf is uit die land gedryf.

Loekasjenko sal Rusland vandag besoek om met pres. Wladimir Poetin te vergader.– Reuters

Meer oor:  Aleksander Loekasjenko  |  Belarus  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.