Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Betogers onttrek nadat VSA soldate na Bagdad ontplooi

Die lede van paramilitêre groepe en hul ondersteuners in Irak wat by die Amerikaanse ambassade in Bagdad betoog het, het Woensdag onttrek, het die Irakse weermag bevestig.

Alle betogers het onttrek, tente is afgebreek, en ander vorms van demonstrasies wat met hierdie betogings gepaardgegaan het, is beëindig. Die Irakse veiligheidsmagte het die ambassade-buitegrense heeltemal beveilig,” lui ’n verklaring.

Dit kom nadat Amerika ongeveer 750 soldate na die Midde-Ooste gestuur het in reaksie op die gewelddadige betogings die afgelope dae by die ambassade.

Mark Esper, Amerika se minister van verdediging, het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy het die ontplooiing van ’n infanteriebataljon van die onmiddellike reaksiemag (IRF) van die 82ste lugdienste-afdeling goedgekeur. Afgesien van die onmiddellike ontplooiing, is bykomende magte van die IRF bereid om oor die volgende paar dae ontplooi te word, het hy gesê.

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê Iranse burgermagte is verantwoordelik vir ’n aanval Vrydag op ’n Irakse weermagbasis, waarin ’n Amerikaanse kontrakteur dood en talle gewond is.

Amerika het Sondag ’n teenaanval uitgevoer. Talle mense is dood.

Trump het vroeër gesê hy hou Iran verantwoordelik vir die gewelddadige betogings by die ambassade en het gedreig om wraak te neem, hoewel hy later gesê het hy voorsien nie ’n oorlog nie.

“Iran het ’n Amerikaanse kontrakteur vermoor, baie ander is gewond. Ons het met mag gereageer, soos altyd. Nou orkestreer Iran ’n aanval op die Amerikaanse ambassade in Irak. Hulle sal verantwoordelik gehou word. Irak moet sy verantwoordelikheid nakom en sy mag gebruik om ons ambassade te beveilig,” het Trump gesê.  – Reuters

bagdad
'n Betoger brand op Nuwejaarsdag 'n plakkaat met pres. Donald Trump van Amerika se gesig op buite die Amerikaanse ambassade in Bagdad. Foto: Reuters


Meer oor:  Donald Trump  |  Bagdad  |  Irak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.