Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Optog in Brisbane ondersteun SA boere

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Brisbane, Australië, het Sondag in die strate van dié stad byeengekom om ’n boodskap oor te dra dat Suid-Afrikaanse boere weens plaasaanvalle met ’n spesiale vergunning in dié land toegelaat moet word.

Die Australiese News.com berig die sowat 2 000 optoggangers het gesing “Dankie, Australië” en “Dankie, Mnr. Dutton,” terwyl hulle in Brisbane se middestad ’n plakkaatoptog gehou het.

Daar is berig Roz Potgieter, wat probeer om haar twee volwasse kinders na Australië te neem, het gesê die Australiese regering se begrip vir die situasie in Suid-Afrika word waardeer.

Die samekoms in Brisbane, Australië. Foto: Skermgreep van video/Dirk Joubert/Facebook
Die betogers Sondag in die strate van Brisbane in Australië. Foto: Facebook/Dirk Joubert

Sy het gesê boere word geteiken en word gemartel en bloedig vermoor. Hoewel geweld in Suid-Afrika aan die orde van die dag is en alle gemeenskappe raak, is veral die aanvalle op plase besonder gewelddadig.

Potgieter het gevra dat die Australiese regering ’n aanbod aan boere van Suid-Afrika om in Australië te gaan boer wyer moet maak om ander mense ook in te sluit wat blootgestel is aan onaanvaarbare vlakke van geweld.

Intussen het die Sydney Morning Herald berig nog ’n politikus, Andrew Laming, het sy steun uitgespreek vir die voorstel van die Australiese minister van buitelandse sake, Peter Dutton, om ’n spesiale program te hê ingevolge waarvan Suid-Afrikaanse boere na Australië mag emigreer.

Laming, ’n federale parlementslid wat die Bowman-distrik verteenwoordig, sê dit gaan daaroor of iemand as ’n landsburger in sy eie land vervolging in die gesig staar en die dood vrees weens ras, etnisiteit of geloof.

Volgens Laming moet die Australiese regering verby die Midde Ooste en na ander lande kyk vir bewyse van politieke vervolging. “Miskien kan dit in ander dele van die wêreld ook gebeur,” sê hy.

Van die plakkate wat deur die betogers gedra is, het onder meer gelees: “Red die boere in Suid-Afrika” en “Australië kan Suid-Afrikaners help”.Foto: Facebook/Dirk Joubert
Nog een van die foto’s van die betogers in Brisbane.Foto: Facebook/Dirk Joubert
Meer oor:  Brisbane  |  Australië  |  Plaasaanvalle  |  Boere  |  Visums  |  Ekspats  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.