Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Betogings oor hoë brandstofpryse ruk Indië
Betogers gee hul misnoeë met die hoë koste van brandstof te kenne in ’n landwye protesaksie wat Maandag deur opposisiepartye in Indië gereël is.Foto: Reuters

Betogers het Maandag paaie in Indië versper en voertuie beskadig in landwye betogings teen die skerp styging in die prys van brandstof.

Opposisiepartye het saamgestaan om die betogings te reël om voor die volgende algemene verkiesing hul ontevredenheid met Narendra Modi, die eerste minister, se Hindoe- nasionalistiese Bharatiya Janata-party te wys.

Aktiviste van die Kongres-party het treine ontwrig. Lede van ander opposisiepartye het voor die kantore van oliemaatskappye betoog. Betogers het ook bande aan die brand gesteek en die verkeer in Assam en Wes-Bengale ontwrig. Televisie-materiaal wys hoe betogers die vensters van busse en motors in Patna, die hoofstad van die Indiese deelstaat Bihar, flenters slaan.

In die verlede het regerings in Indië belastingheffings verlaag as die prys van olie gestyg het, maar tot dusver was daar nie sprake van enige verligting onder Modi se administrasie nie.

Meer oor:  Indië  |  Brandstofpryse  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.