Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Betogings vlam weer op in Bagdad

Betogings het deur die loop van Maandagaand weer in ’n deel van Bagdad, Irak, opgevlam, met minstens een beampte wat dood is.

Tog het Irak “stiller” voorgekom as in die voorafgaande week, met politici wat op soek is na maniere om die landswye opstand te beëindig.

Irak se weermag het Dinsdag gesê een lid van ’n binnelandse ministeriële mag is gedood en vier ander is beseer toe onbekende aanvallers in Sadr City, in Bagdad, losgebrand het.

Die vorige aand is 15 mense daar in opstande dood.

Meer as 110 Irakese is die afgelope week dood en 6 000 is beseer. Betogers het met veiligheidsmagte slaags geraak. Hulle dring daarop aan dat die regering verwyder word en korrupsie tot ’n einde kom.

Die geweld in Irak is die ergste sedert Irak ’n opstand van die Sunni-Moslem Islamitiese Staat-groep twee jaar gelede onder bedwang gebring het.

Die huidige betogings word beskou as die grootste toets vir Adel Abdul Mahdi, eerste minister, in sy jaarlange termyn.

Die verspreiding van geweld na Sadr City kan ’n groeiende uitdaging word. In die verlede was dit moeilik om onrus in dié distrik onder beheer te bring.

Betogers het Maandag ná sonsondergang hier byeengekom, waaronder familielede van mense wat vroeër in betogings dood is, volgens bronne in die plaaslike polisie.

Hulle het buitebande aan die brand gesteek buite die munisipale raadsaal en by die hof in Mudhafferplein, sê die polisie.

Betogers sê veiligheidsmagte het deur die loop van die week lewendige skerp ammunisie afgevuur. Joernaliste van Reuters het gesien hoe betogers gedood en beseer word deur skerpskutters wat van dakke af op die skares geskiet het.

Meer oor:  Irak  |  Weermag  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.