Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden, Johnson ontmoet voor G7-beraad in Cornwall

Pres. Joe Biden van Amerika het Woensdag op sy eerste oorsese besoek as Amerikaanse president vertrek.

Hy sal Donderdag eers ’n besoek bring aan Boris Johnson, die Britse premier, voordat hy die G7-leiersberaad in die Engelse kusdorp St. Ives in Cornwall sal bywoon.

Die leiers van die G7-nywerheidslande kom Vrydag in Cornwall aan vir die beraad, wat Saterdagoggend begin en tot Sondag duur.

Uiters streng veiligheidsmaatreëls geld soos gewoonlik met ’n beraad van dié omvang.

Biden sal ook ’n amptelike besoek bring aan koningin Elizabeth in die Windsor-kasteel terwyl hy in Engeland is.

Nee, dit is nie Mount Rushmore nie, dit is Mount Recyclemore. Dit is die gesigte van die leiers van die G7-nywerheidslande wat die naweek die leiersberaad in Cornwall, Engeland, bywoon. Die beeldhouwerk is ontwerp deur die Britse kunstenaar Joe Rish en uit e-rommel geskep deur Alex Wreckage. Foto: AP

Volgende week besoek hy verskeie Europese lande, waar hy hulle volgens inligting sal probeer oortuig om ’n groter finansiële bydrae te lewer tot die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo).

Terwyl hy in Europa is, sal hy aanstaande Woensdag in Switserland die eerste keer onder vier oë met Rusland se pres. Wladimir Poetin praat.

Die wêreld se oë sal skerp op dié geskiedkundige ontmoeting in Genève gerig wees.

Rusland was vroeër lid van die G8-groepering, maar is in 2014 uitgeskop.

Die G7-nywerheidslande bestaan uit Brittanje, Amerika, Duitsland, Japan, Italië, Kanada en Frankryk. Verteenwoordigers van die Europese Unie (EU) woon gewoonlik ook G7-berade by.

Die Covid-19-pandemie, klimaatsverandering, die spanning tussen Amerika en China en die betrekkinge met Rusland sal moontlik van die belangrikste sake wees wat in Cornwall bespreek sal word.

Pres. Joe Biden Foto: Getty Images

Die BBC berig Biden sal Brittanje en die EU tydens sy besoek waarsku om nie die vrede in Noord-Ierland in gevaar te stel nie.

Die EU en die Britte stamp ná Brexit koppe oor die tariewe op goedere wat vir Noord-Ierland bestem is.

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa sal die G7-leiersberaad op uitnodiging van Johnson as ’n gas bywoon. Die regeringshoofde van Indië, Australië en Suid-Korea is ook gaste van die beraad.

Suid-Afrika en Indië het onlangs op ’n vergadering van die G7-lande se ministers van buitelandse sake in Londen ’n beroep op ontwikkelde lande gedoen om hul eiendomsreg op entstowwe teen die koronavirus tydelik op te skort.

Dit sal ontwikkelende lande in staat stel om self die entstowwe te vervaardig.

Dié voorstel is positief deur veral die Biden-administrasie en Frankryk ontvang.

Ramaphosa sê hy hoop om op die beraad meer steun te kry vir Suid-Afrika en Indië se voorstel.

Reuters berig Biden het voor sy vertrek uit Washington aan joernaliste gesê hy wil ’n wêreldplan vir inenting teen die virus aan die G7-leiers voorlê.

Die G7-ministers van finansies het reeds ooreengekom op ’n spesiale belastingheffing om te help betaal om entstowwe aan armer lande beskikbaar te stel.

Die vorige G7-beraad is in 2019 in die Franse kusdorp Biarritz gehou.

Meer oor:  Boris Johnson  |  Joe Biden  |  Cornwall  |  Besoek  |  President  |  G7-Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.