Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Leiers praat oor 'volhoubare herstel'

Die Britse premier, Boris Johnson, en pres. Joe Biden van Amerika sal hul visie vir “volhoubare wêreldwye herstel” van die koronaviruspandemie uiteensit wanneer hulle op die vooraand van die G7-beraad in Cornwall, Brittanje, vergader.

Sky News berig die twee leiers sal Donderdag die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet. Hulle sal volgens Downingstraat klimaatverandering, veiligheid, wêreldwye handel en die verdediging van demokrasie bespreek, asook hoe Transatlantiese reise veilig hervat kan word.

Biden het Woensdag sowat 1 000 Amerikaanse soldate en hul familielede by die RAF Mildenhall-basis in Suffolk toegespreek.

Volgens Reuters hy het Amerika se verbintenis tot die Navo-alliansie beklemtoon en Rusland gewaarsku dat hy deur “robuuste en betekenisvolle” gevolge in die gesig gestaar kan word as hy by skadelike aktiwiteite betrokke raak.

“Ons soek nie konflik met Rusland nie, maar ’n stabiele verhouding,” het Biden aan die begin van sy agt dae lange besoek aan Brittanje en Europa gesê.

Hy het gesê hy sal dit ook volgende week duidelik stel wanneer hy met pres. Wladimir Poetin van Rusland vergader ná berade met Navo, die G7- en Europese leiers.

Al die leiers wat deelneem aan die G7-beraad wat Vrydag begin, het waarskynlik hul eie agendas, skryf Nic Robinson van CNN in ’n meningstuk.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk wil die steun van Afrika se Sahel-streek wen, terwyl Josjihide Soega, premier van Japan, Biden se kommer oor China deel en op sy bondgenote staatmaak om die Olimpiese Spele te laat plaasvind. Mario Draghi, eerste minister van Italië, sal hom tot die G7 wend om stabiliteit in Libië te probeer bewerkstellig.

Pres. Joe Biden van Amerika spreek Woensdag personeel en familielede op die RAF Mildenhall-basis in Brittanje toe. Hy is in die land vir die G7-beraad wat Vrydag begin. Foto: Reuters


Meer oor:  Boris Johnson  |  Joe Biden  |  Omgewing  |  Volhoubaarheid  |  Enstowwe  |  Covid-19  |  G7-Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.