Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden kies Harris vir stryd teen Trump

Joe Biden, die Demokratiese presidentskandidaat, het Kamala Harris, ’n bekende senator van Kalifornië, as sy verkiesingsmaat aangewys.

Dit kom meer as ’n jaar nadat Harris, wat ook meegeding het om die Demokrate se presidentskandidaat te wees, tydens debatte met Biden oor verskeie rassekwessies gebots het.

As sy verkies word, sal sy die VSA se eerste vroulike, eerste swart en eerste Asiatiese visepresident wees. Harris, wat 55 jaar oud is, bring ook ’n bietjie ouderdomsdiversiteit. As Biden die verkiesing sou wen, sal hy op 77 jaar die oudste aangewese president in die geskiedenis wees.

Kamala Harris. Foto: Getty Images

“Jy neem baie belangrike besluite as president. Die eerste is wie jy as jou visepresident aanwys. Ek het besluit dat Kamala Harris die beste persoon is om my te help om die geveg na Donald Trump en Mike Pence te neem en dan om die land in Januarie te lei,” het Biden gesê.

Harris, die enigste swart vrou in die senaat, is in 2016 vir die eerste keer verkies nadat sy Kalifornië se prokureur-generaal en voor dit San Francisco se staatsaanklaer was.

As die kind van Jamaikaanse en Indiese immigrante het sy vantevore gesê sy het regte gestudeer nadat sy burgerregte- betogings saam met haar ouers bygewoon het. – NBC, Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.