Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden loop kwaai deur onder vrae tydens debat

As die gunsteling-presidentskandidaat vir die verkiesing in 2020 het Joe Biden Woensdag weer kwaai deurgeloop onder vrae van sy nege teenstanders wat almal die Demokratiese Party se kandidaat wil wees.

Die tien kandidate het in ’n debat in Kalifornië teen mekaar te staan gekom.

Sen. Kamala Harris van Kalifornië is ook met vrae gepeper.

Die voormalige visepresident Joe Biden luister na ’n punt wat sen. Kamala Harris maak. Hulle is die sterkste kandidate om die Demokratiese Party se presidentskandidaat vir 2020 te word. Foto: Reuters

Toe die twee mekaar op die verhoog groet, het Biden glimlaggend gesê: “Neem dit maar stadig, jong.”

Maar nadat die debat begin het, was daar geen sprake van enigiets “stadig neem” nie, en die twee het mekaar taai vrae gevra.

Reuters berig Biden het beter gevaar as in die eerste ronde van die debatte in Miami verlede maand, maar sy vertoning was steeds nie goed nie. Harris kon ook nie haar oorheersing in Miami volhou in die debat in Kalifornië nie.

Die presidentskandidate vir die Demokratiese Party is sen. Michael Bennet, sen. Kirsten Gillibrand, Julián Castro, sen. Cory Booker, Joe Biden, sen. Kamala Harris, Andrew Yang, Tulsi Gabbard, goew. Jay Inslee en die burgemeester van New York, Bill de Blasio. Foto: AP

Terwyl hulle mekaar getakel het, het sommige van die kandidate gesê hulle behoort eintlik te fokus op hul werklike teiken: die Republikeinse kandidaat pres. Donald Trump, wat hom herverkiesbaar gestel het.

Harris moes bontstaan toe haar strafrekord in haar tyd as Kalifornië se prokureur-generaal ter sprake gekom het.

“Sy het meer as 1 500 mense in die tronk gesit weens oortredings wat met dagga verband hou, en toe gelag toe sy gevra is of sy self ooit dagga gerook het,” het Tulsi Gabbard, Hawaii se verteenwoordiger in die huis van verteenwoordigers, gesê.

Harris het onlangs erken sy het al dagga gerook en ondersteun ’n veldtog om dagga te wettig, hoewel sy sê haar standpunt daaroor het verander. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Politiek  |  Presidentskap  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.